SKOOL

SPORT

VOORSKOOLSE SENTRUM

 

Die voorskoolse sentrum is geleë regoor die laerskool in Gimnasiumstraat. Die voorskoolse sentrum, Gimlaggies, het aparte klasse vir gr. 00 en gr. 0.

Die voorskoolse sentrum beskik oor 4 opgeleide klasopvoeders en 2 bekwame assistente. Die akademiese program wat gevolg word, word in oorleg met die grondslagfase-opvoeders uitgewerk om te verseker dat die kleintjies gereed is vir gr. R.

Met Gimlaggies se aparte fasiliteit en speelterrein is dit moontlik dat die jonger kinders onafhanklik van die laerskool kan funksioneer en speel. Tog is dit logisties maklik vir ouers wat hul ouer kinders net oorkant die pad aflaai.

Alhoewel die voorskoolse sentrum onafhanklik funksioneer, is daar ‘n noue wisselwerking tussen hulle en die laerskool. Die gr. 00- en gr. 0-leerlinge word betrek by meeste van die aktiwiteite wat vir die grondslagfase-leerlinge aangebied word, bv. die kleure-atletiek, speletjiesdae en poppekasvertonings. Ook word dieselfde buitemuurse aktiwiteite soos playball, karate, ballet en gimnastiek vir die voorskoolse leerlinge aangebied.

By Gimlaggies word daar met glimlaggies gewerk en gespeel.

GRAAD R-SPEELTERREIN EN NASORGSENTRUM

Laerskool Paarl Gimnasium Nasorgsentrum word deur Laerskool Paarl Gimnasium bestuur. Leerlinge van gr. R tot gr. 7 word by die skool gehaal. Die sportkinders word teen ’n ekstra tarief per bus na hul sport vervoer. Indien die bussie nie beskikbaar is nie, stap die kinders onder toesig sportvelde toe en terug.

Maandag tot Vrydag: 12:00 – 17:30
Studietye: 14:30 – 15:30
of
15:30 – 16:30
Nasorgtye tydens vakansies: 07:30 – 17:30

Die Nasorgsentrum bied die volgende:

  • ‘n Huislike atmosfeer
  • Deeglike toesig en beheer
  • Hulp met huiswerk
  • Opvoeding van kinders
  • Ruim speelgrond
  • Toegeruste administratiewe kantoor
  • Interessante vakansieprogramme
  • Ligte verversings
  • Besorging van leerlinge by sport

Kontak die skool direk vir inskrywings of navrae: nasorg@kleingim.co.za.

WAGKLAS

‘n Onafhanklike wagklas (vir gr. R-3 leerlinge totdat ouer boeties/sussies verdaag) is beskikbaar onder die toesig van ‘n bekwame volwassene. Kontak die skool vir meer inligting.