KUNS

“Every child is an artist” – Pablo Picasso

By Laerskool Paarl Gimnasium kry elke leerder die geleentheid om tydens skoolure gehalte kunsonderrig te ontvang. Leerders word blootgestel aan ‘n verskeidenheid media om hul kennis van die vak te verbreed. Leerders kry die geleentheid om onder leiding 2D- en 3D-projekte te skep. Visuele geletterdheid word as deel van die kurrikulum onderrig.

Gimmie-kuns is die buitemuurse program waar ‘n klein groepie graad 4, 5 en 6 leerders in die middae ekstra kunsonderrig ontvang. In hierdie klasse word daar op gevorderde kunsprojekte gefokus.

Vir navrae e-pos kuns@kleingim.co.za