MUSIEK
- Geprivatiseer – raadpleeg die skool met navrae i.v.m. pryse en beskikbaarheid.
- Gekwalifiseerde, gespesialiseerde musiekonderwyseresse.
- Onderrig in klassieke klavier, blokfluit en “keyboard”.
- Lesse vind na skoolure plaas.
- Meestal individuele lesse, maar blokfluit groeplesse is soms moontlik as leerlinge op dieselfde ontwikkelings- en vorderingsvlak is.
- Praktiese en teoretiese werk word geïnkorporeer tydens lesse.
- Leerlinge word voorberei vir Unisa en/of Royal Schools eksamens, asook vir deelname aan die Paarl Vallei Eisteddfod.
- Musiekvoorspeelgeleenthede vind minstens 2 x per jaar plaas.
- Formele assessering met vorderingsverslag in Junie en November.
SLAGORKES
• Junior Slagorkes (gr. 1-3) en Senior Slagorkes (gr. 4-7)
• Vir alle leerlinge wat die vreugde wil ervaar daarvan om saam musiek te maak.
• Orff-instrumente in kombinasie met bv. blokfluite, slaginstrumente, ens. word gebruik.