Hierdie is die formele skooldrag en kan alles by De Jagers aangekoop word.

Sommige van hierdie items (tweedehands, teen bekostigbare pryse) is ook by die skool se klerebank beskikbaar. Die klerebanktye is as volg: Dinsdae en Donderdae om 07:40 – 08:00 en 13:00 – 13:30.

Vir meer inligting rakende skoolklere: Sien die Ouergids, te vinde op School Communicator by Bronne/Skoolsake/Ouergids.

Graad R

 

Graad 1-3

Graad 4-7

SKOOLTAS


Dit moet verkieslik ‘n bottelgroen, stewige tas met harde afskortings binne wees.

Indien dit ‘n rugsak-tipe skooltas is, moet dit nog steeds harde afskortings binne hê met twee drabande oor skouers.

Let wel: Geen wiel
etjietasse word toegelaat.

GIM-RUGSAK


Die Gim-rugsak is slegs vir nasorg- en/of sportklere. Dit mag nie as ‘n skooltas gebruik word nie.