SPORTSAKE
- Leerlinge word aangemoedig om minstens een somer- en een wintersport te beoefen.
- Leerlinge moet asseblief daarop let om verskoning te maak by hul afrigters indien hulle nie ‘n oefening kan bywoon nie.
- Vir wedstryde: volg inligting op d6 en Kitsnuus.
- Gr. 4-7 leerlinge sal in kennis gestel word van wedstrydreëlings na afloop van die laaste oefening.
Op reëndae geld die volgende reëling:
Gr. R – 3
- ‘n Besluit word om 12:00 geneem of die sportoefeninge/wedstryde afgestel of uitgestel word. Ouers sal per SMS in kennis gestel word.
Gr. 4 – 7
- ‘n Besluit word om 13:30 geneem of die sportoefeninge/wedstryde afgestel of uitgestel word. Ouers sal per SMS in kennis gestel word.
Indien u enige navrae in verband met sportsake het, kontak gerus die afrigter of Sportkantoor.