Baie welkom by die webtuiste van Laerskool Paarl Gimnasium. Met hierdie besoek aan die webtuiste het u toegang gekry tot ‘n tradisie wat sedert 1858 betrokke is by die opvoeding en leer van ons jeug.
Laerskool Paarl Gimnasium beywer hom steeds om leerders holisties te ontwikkel en voor te berei vir die wêreld daar buite.
By Klein Gim sal u ‘n gevoel van geborgenheid ervaar en sommer gou agterkom die skool, opvoeders, leerders, ouers en gemeenskap funksioneer as ‘n Gim-familie saam.
Indien u enige vrae het aangaande die skool, is u baie welkom om die skool te kontak of selfs beter, te besoek.
Mag die son van geregtigheid elke besoeker aan die webtuiste bestraal!
Gimmie-groete
L. Lategan
Skoolhoof
ONS VISIE :
‘n Uitnemende Afrikaanse skool waar die son van geregtigheid elke kind sal bestraal.
Om leerlingprestasie te verbeter deur holistiese opvoeding wat bestaan uit:
akademie, sport, kultuur en etos met die doel om die kind se burgerskap, geskiktheid vir die wêreld van werk en selfstandigheid te ontwikkel.
ONS MISSIE :
‘n Tradisieryke Gim-familie met kundiges op elke gebied daar stel sodattons gebalanseerde kinders met godsdienstige waardes kweek wat optimale blootstelling kry om aan veelvuldige geleenthede deel te neem.
DIE GIM-WAARDES
Diepgaande belangstelling of gehegtheid aan jou Skepper, ‘n persoon of saak.
Doen die regte ding, al voel jy nie so nie en al hou niemand jou dop nie.
Tree op in ooreenstemming met morele en etiese aanvaarbare gedrag, en verseker dat woorde en dade ooreenstem.
Om in alle omstandighede bewus te wees van genade.