Welkom!
Baie welkom by ons Klein Gim webtuiste. Laerskool Paarl Gimnasium is ‘n tradisieryke Afrikaanse skool. Die kind en sy holistiese ontwikkeling is ons hooffokus. Ons sien onsself as ‘n Gim-familie van kinders, personeel, ouers en ondersteuners wat deur spanwerk sukses nastreef. As u enige ander inligting benodig, is u meer as welkom om ons te skakel. Mag die son van geregtigheid u bestraal.
Vriendelike groete
H. Nel
WAARNEMENDE SKOOLHOOF
“Kom in en leer.
Gaan uit en dien.”
WKOD MANTRA
ONS VISIE :
Om ‘n Gimjifieke kind te help bou en ontwikkel.
Om leerlingprestasie te verbeter deur holistiese opvoeding wat bestaan uit:
akademie, sport, kultuur en etos met die doel om die kind se burgerskap, geskiktheid vir die wêreld van werk en selfstandigheid te ontwikkel.
DIE GIM-WAARDES

Tree op in ooreenstemming met morele en etiese aanvaarbare gedrag, en verseker dat woorde en dade ooreenstem.

Hanteer ander deur hulle na waarde te ag, respekteer ander se siening.

Die oordra van geestelike besittings, kultuurgoedere van een geslag aan ‘n volgende geslag.

Doen die regte ding, al voel jy nie so nie en al hou niemand jou dop nie.

Wees eerlik, opreg en soek die waarheid.

Diepgaande belangstelling of gehegtheid aan jou Skepper, ‘n persoon of saak.

Innerlike manier van sien.

Vrywillig iets doen waardeur ‘n ander mens of ‘n saak bevoordeel word.

Vaste vertroue in jou Skepper, die waarheid van ‘n mens se woorde en dat dinge wat met jou gebeur ten goede sal afloop.

Toon waagmoedige deursettings-
vermoë, wys hiermee Gimmie-guts.

Gesamentlike kraginspanning van ‘n aantal mense om die werk van die groep voorspoedig en doeltreffend te maak.

Om in alle omstandighede bewus te wees van genade.