Die volgende ondersteuningsdienste is beskikbaar:
OPVOEDER ONDERSTEUNINGSPAN (SGOS):
Die hooffunksie van die span is om gewone opvoeders, asook die leerondersteuningsopvoeder van raad te bedien ten opsigte van die identifisering van leerlinge met spesifieke onderwys-behoeftes en die ontwikkeling van programme om hulle te ondersteun.
LEERONDERSTEUNING
Leerlinge wat hindernisse tot leer ervaar, word deur die SGOS-span verwys vir leerondersteuning in die middae na skool. Ondersteuning in tale en/of wiskunde sal aan hierdie leerlinge gebied word deur leerondersteuningsterapeute.
BRONKLAS
Die klein groepie leerlinge met kognitiewe gestremdhede in dié eenheid volg ’n alternatiewe kurrikulum. Leerlinge kan slegs deur die WKOD na die Bronklas verwys word.