RAAK BETROKKE

KLUB KLEINGIM

Klub Klein Gim is ‘n klub wat gestig is om ‘n forum te bied waar ouers, oud-Gimmies en enige persoon wat Laerskool Paarl Gimnasium se belange op die hart dra, die skool finansieel kan ondersteun. Hierdie finansiële ondersteuning word grootliks aangewend om die skool se fasiliteite op te knap, in stand te hou en uit te brei.

Daar word een maal per kwartaal ‘n ledevergadering gehou. By die ledevergadering word huidige en toekomstige projekte bespreek en sommer net lekker gesosialiseer.

Om aan te sluit, stuur ‘n epos na: kkg@kleingim.co.za


MAMMAS WAT OMGEE

Mammas wat Omgee is ‘n interkerklike gebedsgroep vir ma’s wat graag wil saambid vir ons skool, sy personeel, leerlinge en ouers.  Hulle vergader weekliks vanaf 08:00 tot ongeveer 08:45 in die personeelkamer.


G CHILL

G Chill staan vir:

G Gimmies
C Christus
H Het
I Impak
L Lewens
L Lank

G-CHILL se fokus vorm deel van Laerskool Paarl Gimnasium se godsdiensbeleid waar die demografie 95% Christus gesentreerd is. Die doel is om geestelike weerbaarheid by ons Gimmies te versterk. Dit word oorgedra deur Gimmie-ouers wat internasionaal geakkrediteer word deur EE3 Suid-Afrika om die klaar voorbereide lesmateriaal op ‘n eenvoudige en opwindende manier in klasverband oor te dra.

Raak asseblief betrokke en word opgelei om ons Gimmies geestelik weerbaar te maak.

Die opleiding is ‘n volle week lank vanaf 8:00 – 13:00 per dag en die koste beloop R250 per persoon.


BORGE EN ADVERTENSIES

Kontak die skool vir betrokkenheid en belangstelling rakende borgskappe en oprigting van advertensieborde.