
Ons poog om die ryke tradisie van Paarl Gimnasium voort te sit. Elke Gimmie is dus daagliks ‘n mede-bouer aan Paarl Gimnasium se geskiedenis.
ONS GESKIEDENIS
Op 12 Januarie 1858 is Paarl Gimnasium deur ds. G.W.A. van der Lingen gestig.
Hierdie volksleier, kerkleier en onderwysleier het ‘n onuitwisbare stempel nagelaat. Paarl Gimnasium is gestig met eenduisend pond wat deur ds. Van der Lingen ingesamel is vir ‘n teologiese kweekskool vir NG predikante. Toe Stellenbosch voorkeur kry, het sy opvoedkundige ideaal in die Paarl in vervulling gegaan met die oprigting van Paarl Gimnasium.
Hy het die ontwerp van die gebou self gekies en het ruim bygedra tot die instandhouding daarvan. Paarl Gimnasium was ‘n kerkskool waar moedertaalonderrig (Hollands) ‘n vereiste was. As stigter het ds. Van der Lingen die fondament gelê vir ‘n trotse onderwystradisie. Arnoldus Pannevis, taalgeleerde en vriend van ds. Van der Lingen, word deur die leraar se toedoen as onderwyser aan Paarl Gimnasium aangestel. Hy sien die destydse Kaaps-Hollands as ‘n taal in eie reg en lewer ‘n pleidooi vir die vertaling van die Bybel in Afrikaans.
Sy ideale word oorgedra na een van sy leerlinge, S.J. du Toit, wat die eerste predikant van die Noorder-Paarl Gemeente was. Sy pastorie was in Paarl Gimnasium waar sy seun, Totius, dan ook gebore is. Hy het onderrig in klassieke tale gegee en het saam met die kerkraad van Noorder-Paarl die beheer en toesig oor dié Gimnasium oorgeneem.
Die belangrikste is egter dat hierdie besielde kampvegters vir Afrikaans, Van der Lingen en Pannevis se onderwysideale verder kon uitbou in Paarl Gimnasium, maar ook later in die destydse ZAR en vandaar oor die hele Suid-Afrika.
TYDLYN
1858 | Paarl Gimnasium word as privaatskool gestig. | |
1920 | Paarl Gimnasium word ‘n volwaardige staatskool. | |
1925 | Afrikaans word as taal erken. | |
1963 | Mnr. A.P. van Niekerk – Skoolhoof (1963-1970) | |
1964 | Die skeiding tussen hoër- en laerskool vind plaas. Opening van skool: 201 seuns en 7 leerkragte. | |
1967 | Die eerste dogter, Melinda Bouwer, word ingeskryf. | |
1968 | Die skoolgebou word tot ‘n historiese monument verklaar. | |
1970 | Prof. P.R. de Wet – Skoolhoof (1970-1975) | |
1973 | Paarl Gimnasium word as Afrikaansmedium skool verklaar. | |
1975 | Leerlingtal groei tot 475 (Op daardie stadium die grootste laerskool in die Paarl). | |
1976 | Mnr. I.J.M. Strauss – Skoolhoof (1976-1992) | |
1992 | Dr. H.A. Brand – Skoolhoof (1992-1993) | |
1994 | Mnr. J.C. Swart – Skoolhoof (1994-1997) | |
1998 | Mnr. M.V. Carstens – Skoolhoof (1998-2014) | |
1999 | Vernoem raadsaal na S.J. du Toit. | |
1999 | Chevé-klubhuis is voltooi. | |
2004 | Huis Klein Drakenstein (koshuis) open sy deure. (2004-2013) | |
2008 | Paarl Gimnasium vier sy 150ste bestaansjaar. Afdelings van gebou word na oud-hoofde vernoem. |
|
2015 | Mnr. S.D. le Roux – Skoolhoof (2015-2022) | |
2018 | ‘n Nuwe grondslagfase en voorskoolse sentrum is voltooi asook die Pannevis-saal met nasorgfasiliteite. | |
Tydens die skool se 160ste bestaansjaar is ‘n tydkapsule op die skoolterrein begrawe om deur die nageslag in 2058 oopgemaak te word. | ||
2022 | Mnr. H. Nel neem waar as Waarnemende Skoolhoof (2022-2024) | |
2023 | Gimnasium vier 165 jaar en ‘n glansryke aand word gehou in die Katedraalkelder van die K.W.V. | |
2024 | Mnr. Louis Lategan word aangestel as nuwe Skoolhoof vanaf April 2024. |
Your content goes here. Edit or remove this text inline or in the module Content settings. You can also style every aspect of this content in the module Design settings and even apply custom CSS to this text in the module Advanced settings.
Your content goes here. Edit or remove this text inline or in the module Content settings. You can also style every aspect of this content in the module Design settings and even apply custom CSS to this text in the module Advanced settings.